close
Gaan na inhoud

Fabio Grosso

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Fabio Grosso

Grosso in 2023
Persoonlike inligting
Geboortedatum28 November 1977 (1977-11-28) (48 jaar oud)
GeboorteplekRome, Italië
Lengte1,90 m
SpeelposisieLinkerverdediger
Klubinligting
Huidige klubSassuolo (hoofafrigter)
Jeugloopbaan
1994–1995Renato Curi
Seniorloopbaan*
JareSpanKere(Doele)
1995–1999Renato Curi125(55)
1999–2001Chieti68(17)
2001–2004Perugia67(7)
2004–2006Palermo90(2)
2006–2007Inter Milaan23(2)
2007–2009Lyon53(2)
2009–2012Juventus47(2)
Totaal473(87)
Nasionale span
2003–2009Italië48(4)
Spanne bestuur
2017–2018Bari
2018–2019Hellas Verona
2019Brescia
2020–2021Sion
2021–2023Frosinone
2023Lyon
2024–Sassuolo
* Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga..
† Kere uitgedraf (Doele).

Fabio Grosso (gebore 28 November 1977) is ’n Italiaanse sokkerafrigter en voormalige speler.[1]

Hy het sy loopbaan by kleiner Italiaanse klubs soos Renato Curi, Chieti en Perugia begin. Sy deurbraak het gekom as linkervleuelverdediger by Palermo, waarna hy in 2006 by Inter Milaan aangesluit het. Daar het hy in sy enigste seisoen gehelp om die Serie A-titel en die Supercoppa Italiana te verdedig. Hy het later ook titels gewen met Lyon in Frankryk en Juventus in Italië. Grosso het in 2012 afgetree ná hy die Scudetto met Juventus gewen het.

Internasionaal het Grosso 48 wedstryde vir Italië gespeel. Hy het die eerste doel in die 2006 Wêreldbeker-halfeindstryd teen Duitsland in die laaste minute van ekstra tyd aangeteken. Grosso het ook die beslissende strafdoel in die eindstryd teen Frankryk geskop tydens die strafdoel-reeks, wat daartoe gelei het dat die Azzurri hul vierde Wêreldbeker gewen het. Hy het ook aan Europese Kampioenskap in 2008 en die Konfederasiebeker in 2009 deelgeneem.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Redazione (3 Junie 2024). "Fabio Grosso è il nuovo allenatore del Sassuolo". U.S. Sassuolo Calcio (in Italiaans). Besoek op 4 Junie 2024.