Marcel Proust
Franse skrywer, kritikus en essayis
Gebore
10 Julie 1871
in Auteuil, Parys,
Frankryk
Oorlede
18 November 1922
in Parys, Frankryk
Literêre stroming
Impressionisme
Modernisme
Valentin Louis Georges Eugène Marcel Proust ([maʁsɛl pʁust]; * 10 Julie 1871, † 18 November 1922) was 'n Franse skrywer, kritikus en essayis wat veral met sy omvangryke roman en hoofwerk À la recherche du temps perdu ("Op soek na verlore tyd") bekendheid verwerf het.
In dié werk, wat tussen 1913 en 1927 in sewe boekdele gepubliseer is, gee Proust 'n noukeurige beskrywing van die mondaine, gesofistikeerde Franse samelewing in die Belle Époque- of Fin de siècle-tydperk met al sy aspekte. Die struktuur van À la recherche du temps perdu was rigtingwysend vir die ontwikkeling van die moderne roman. Opvallend is die sirkulariteit van ruimte en tyd. Die gebeure word nie meer in 'n chronologiese volgorde vertel nie; die verlede en teenswoordige tyd loop parallel met mekaar.[1]
Lewe
[wysig | wysig bron]Proust is op 10 Julie 1871 in die huis van sy grootoom in Auteuil in die suidweste van die 16de Paryse stadsdistrik (arrondissement) gebore, twee maande nadat die Frans-Pruisiese Oorlog met die Vredesverdrag van Frankfurt formeel beëindig is. Parys is destyds deur swaar onluste - die sogenaamde Paryse Kommune - geruk, en tienduisende mense het in die bloedige onderdrukking daarvan gesterf. Proust het sy kinderjare in die vroeë Franse Derde Republiek deurgebring, en dit is juis die groot sosiale omwentelinge van die Fin de siècle, soos die agteruitgang van die Franse adel en die opkoms van die middelklas, wat sentraal staan in Proust se hoofwerk.
Bibliografie
[wysig | wysig bron]Romans
[wysig | wysig bron]- À la recherche du temps perdu (In Search of Lost Time, Op soek na verlore tyd, uitgegee in sewe volumes, voorheen in Engels vertaal as Remembrance of Things Past) (1913–1927)
- Du côté de chez Swann (Swann's Way, somtyds in Engels vertaal as The Way by Swann's) (1913)
- À l'ombre des jeunes filles en fleurs (In the Shadow of Young Girls in Flower, ook in Engels vertaal as Within a Budding Grove) (1919)
- Le Côté de Guermantes (The Guermantes Way, oorspronklik uitgegee in twee volumes) (1920–1921)
- Sodome et Gomorrhe (oorspronklik uitgegee in twee volumes, somtyds in Engels vertaal as Cities of the Plain) (1921–1922)
- La Prisonnière (Die gevangene) (1923)
- Albertine disparue (The Fugitive, Die voortvlugtige. Ook getiteld La Fugitive. Somtyds in Engels vertaal as The Sweet Cheat Gone of Albertine Gone) (1925)
- Le Temps retrouvé (Time Regained. Ook in Engels vertaal as Finding Time Again en The Past Recaptured) (1927)
- Jean Santeuil (1896–1900, onvoltooide roman in drie volumes. Postuum gepubliseer – 1952)
Kortverhaalbundels
[wysig | wysig bron]- Early Stories (kortverhale postuum gepubliseer)
- Les plaisirs et les jours (Pleasures and Days; illustrasies deur Madeleine Lemaire, voorwoord deur Anatole France met vier klavierwerke deur Reynaldo Hahn) (1896)
Niefiksie
[wysig | wysig bron]- Pastiches et mélanges (Pastiches, of The Lemoine Affair – 'n versameling) (1919)
- Contre Sainte-Beuve: suivi de Nouveaux mélanges (Against Sainte-Beuve) (postuum gepubliseer in 1954)
Vertalings van John Ruskin
[wysig | wysig bron]- La Bible d'Amiens (vertaling van The Bible of Amiens) (1896)
- Sésame et les lys: des trésors des rois, des jardins des reines (vertaling van Sesame and Lilies) (1906)
Galery
[wysig | wysig bron]- Jean Béraud, La Sortie du lycée Condorcet
- Boulevard Haussmann 102, Parys, Marcel Proust se woonplek vanaf 1907 tot 1919
- Robert de Montesquiou, die hoof inspirasie vir die karakter Graaf de Charlus in À la recherche du temps perdu
- Graf van Marcel Proust by die Père Lachaise begraafplaas
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Dr. Detlef Langermann (red.): Duden Abiturwissen Literatur. Tweede hersiene uitgawe. Mannheim, Leipzig, Wene en Zürich: Dudenverlag 2007. Berlyn en Frankfurt am Main: DUDEN PAETEC Schulbuchverlag 2007, bl. 355-356
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Essays in Afrikaans