San Siro
| San Siro | ||
Buiteaansig van San Siro | ||
| Bynaam | Stadio Giuseppe Meazza La Scala del calcio | |
|---|---|---|
| Ligging | Milaan, Italië | |
| Koördinate | 45°28′41″N 9°07′26″O / 45.47806°N 9.12389°O | |
| Eienaar | AC Milan (1926–1935) Stad Milaan (1935–2025) AC Milan & Inter Milan (2025–hede) | |
| Operateur | M-I Stadio s.r.l. | |
| Kapasiteit | 80 018 | |
| Oppervlak | GrassMaster Hibride gras | |
| Konstruksie | ||
| Eerste sooi gespit | Desember 1925 | |
| Gebou | 1925–1926 | |
| Geopen | 19 September 1926 | |
| Renovasie | 1935, 1955, 1987–1990, 2015–2016 | |
| Argitek | Cugini, Stacchini (1925) Perlasca, Bertera (1935) Ronca, Calzolari (1955) Ragazzi, Hoffer, Finzi (1990) | |
| Huurders | ||
| AC Milan (1926–1941, 1945–hede) Inter Milan (1947–hede) Italiaanse nasionale sokkerspan (sekere wedstryde) | ||
Die Stadio Giuseppe Meazza, meer algemeen bekend onder die naam San Siro, is ’n sokkerstadion in Milaan, Italië. Dit staan ook bekend onder die bynaam La Scala del calcio en het ’n kapasiteit van 75 817 wat dit die grootste stadion in Italië en een van die grootstes in Europa maak. Dit dien as tuisveld vir Milaan se twee voorste professionele sokkerklubs, AC Milan en Inter Milan, wat daar om die Derby della Madonnina meeding.
Op 3 Maart 1980 is die stadion herdoop ter ere van Giuseppe Meazza, die tweemalige FIFA Sokker-Wêreldbekerwenner (in 1934 en 1938) wat in die 1920’s, 1930’s en 1940’s vir Inter (en kor vir Milan) gespeel en later twee termyne as Inter-afrigter gedien het.
San Siro is ’n UEFA-kategorie 4-stadion. Dit het drie wedstryde tydens die 1934 FIFA Sokker-Wêreldbeker, die openingseremonie en ses wedstryde tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990, drie wedstryde tydens die Euro 1980 en vier eindstryde tydens Europese Bekertoernooie aangebied (in 1965, 1970, 2001 en 2016). Die stadion het ook die openingseremonie van die Olimpiese Winterspele 2026 in Milaan en Cortina d’Ampezzo gehuisves.
In Oktober 2025 is ’n nuwe ontwerp vir die beplande vervangende stadion onthul. Anders as San Siro sal die nuwe stadion ovaal wees en sonder die ikoniese rooi balke. Die dak sal vas en deurskynend wees om sonlig en klimaatbeheer moontlik te maak. AC Milan en Inter Milan sal San Siro bly gebruik totdat die nuwe stadion voltooi is, waarna die grootste deel van San Siro in 2031 of 2032 gesloop sal word. ’n Gedeelte sal behoue bly vir ’n kommersiële en vermaaklike ontwikkeling, moontlik insluitend ’n museum.[1][2][3]
Fotogalery
[wysig | wysig bron]- Lugbeeld van San Siro
- Binneaansig van San Siro
Wedstryde
[wysig | wysig bron]FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1934.
| Datum | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte |
|---|---|---|---|---|
| 27 Mei 1934 | 3–2 | Agtste eindrondte | ||
| 31 Mei 1934 | 2–1 | Kwarteindrondte | ||
| 3 Junie 1934 | 1–0 | Halfeindrondte |
Europese Sokkerkampioenskap 1980
[wysig | wysig bron]| Datum | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte |
|---|---|---|---|---|
| 12 Junie 1980 | 0–0 | Groep B | ||
| 15 Junie 1980 | 2–1 | Groep B | ||
| 17 Junie 1980 | 1–1 | Groep A |
FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990
[wysig | wysig bron]- Die hoofartikel vir hierdie afdeling is: FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1990.
| Datum | Span 1 | Telling | Span 2 | Rondte |
|---|---|---|---|---|
| 8 Junie 1990 | 0–1 | Groep B (openingswedstryd) | ||
| 10 Junie 1990 | 4–1 | Groep D | ||
| 15 Junie 1990 | 5–1 | Groep D | ||
| 19 Junie 1990 | 1– 1 | Groep D | ||
| 24 Junie 1990 | 2–1 | Agtste eindrondte | ||
| 1 Julie 1990 | 0–1 | Kwarteindrondte |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Lorenzo Bettoni (30 September 2025). "San Siro: How Milan and Inter's stadium will be demolished and which part will remain standing". Football Italia. Besoek op 30 September 2025.
- ↑ (en) Bradley Rial (6 Oktober 2025). "New Milan stadium could be ready by 2030 – AC Milan chairman". The Stadium Business.
- ↑ (en) Rob Ridley (5 November 2025). "Milan, Inter seal San Siro acquisition". The Stadium Business. Besoek op 5 November 2025.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]| Wikimedia Commons bevat media in verband met San Siro. |