close
Gaan na inhoud

Universiade

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Universiade van 1989
Die Universiade van 2011

Die Universiade is 'n internasionale sportbyeenkoms vir universiteitstudente. Die geleentheid word deur die FISU (International University Sports Federation of Fédération internationale du sport universitaire) georganiseer. Die naam is 'n kombinasie van die woorde "Universiteit" en "Olimpiade". In Engels word dit ook soms die "World University Games" of "World Student Games" genoem.

Die Universiade word elke twee jaar gehou. Dit bestaan uit 'n somer- en 'n winterprogram. Beide vind meestal in dieselfde jaar plaas. Die somer- en winterprogramme word afsonderlik van mekaar deur 'n gasstad georganiseer. Ongeveer 8 000 studente neem aan die somer-, en sowat 3 500 aan die winterprogram deel.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

In 1923 is 'n "International Universities Championship" reeds in Parys gehou. Dit is deur die "Union Nationale des Étudiants Français" (UNEF) georganiseer. Vanaf 1924 organiseer die "Confédération Internationale des Étudiants" (CIE) elke somer 'n sportbyeenkoms vir studente, wat in 1930 die naam "International University Games" kry. Die byeenkoms is vir die laaste keer in 1939 aangebied.

In 1947 organiseer die "Fédération Internationale du Sport Universitaire" (FISU) weereens 'n sportbyeenkoms. In 1957 kry die byeenkoms die naam "World University Games", en in 1959 die naam Universiade.

Sportsoorte

[wysig | wysig bron]

Plekke

[wysig | wysig bron]

Die onderstaande tabel wys die gasstede van die somer- en winter-universiades respektiewelik.

Jaar Spele Somer-universiade Spele Winter-universiade
1959ITuryn, Vlag van Italië Italië
1960IChamonix, Vlag van Frankryk Frankryk
1961IISofia, Vlag van Bulgarye Bulgarye
1962IIVillars-sur-Ollon, Vlag van Switserland Switserland
1963IIIPorto Alegre, Vlag van Brasilië Brasilië
1964IIIŠpindlerův Mlýn, Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye
1965IVBoedapest, Vlag van Hongarye Hongarye
1966IVSestriere, Vlag van Italië Italië
1967VTokio, Vlag van Japan Japan
1968VInnsbruck, Vlag van Oostenryk Oostenryk
1970VITuryn, Vlag van Italië ItaliëVIRovaniemi, Vlag van Finland Finland
1972VIILake Placid, Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
1973VIIMoskou, Vlag van Sowjetunie Sowjetunie
1975VIIIRome, Vlag van Italië ItaliëVIIILivigno, Vlag van Italië Italië
1977IXSofia, Vlag van Bulgarye Bulgarye
1978IXŠpindlerův Mlýn, Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye
1979XMeksikostad, Vlag van Meksiko Meksiko
1981XIBoekarest, Vlag van Roemenië RoemeniëXJaca, Vlag van Spanje Spanje
1983XIIEdmonton, Vlag van Kanada KanadaXISofia, Vlag van Bulgarye Bulgarye
1985XIIIKobe, Vlag van Japan JapanXIIBelluno, Vlag van Italië Italië
1987XIVZagreb, Vlag van Joego-Slawië Joego-SlawiëXIIIŠtrbské Pleso, Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye
1989XVDuisburg, Vlag van Wes-Duitsland Wes-DuitslandXIVSofia, Vlag van Bulgarye Bulgarye
1991XVISheffield, Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde KoninkrykXVSapporo, Vlag van Japan Japan
1993XVIIBuffalo, Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde StateXVIZakopane, Vlag van Pole Pole
1995XVIIIFukuoka, Vlag van Japan JapanXVIIJaca, Vlag van Spanje Spanje
1997XIXSisilië, Vlag van Italië ItaliëXVIIIMuju, Vlag van Suid-Korea Suid-Korea
1999XXXIXPoprad Tatry, Vlag van Slowakye Slowakye
2001XXIBeijing, Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek ChinaXXZakopane, Vlag van Pole Pole
2003XXIIDaegu, Vlag van Suid-Korea Suid-KoreaXXITarvisio, Vlag van Italië Italië
2005XXIIIIzmir, Vlag van Turkye TurkyeXXIIInnsbruck en Seefeld, Vlag van Oostenryk Oostenryk
2007XXIVBangkok, Vlag van Thailand ThailandXXIIITuryn, Vlag van Italië Italië
2009XXVBelgrado, Vlag van Serwië SerwiëXXIVHarbin, Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek China
2011XXVIShenzhen, Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek ChinaXXVVlag van Turkye Turkye Erzurum, Turkye
2013XXVIIKazan, Vlag van Rusland RuslandXXVITrentino, Vlag van Italië Italië
2015XXVIIIGwangju, Vlag van Suid-Korea Suid-KoreaXXVIIOsrblie, Vlag van Slowakye Slowakye (skansspring en tweekamp),
Strbske Pleso, Vlag van Slowakye Slowakye (noordse kombinasie en langlaufen)
Granada Vlag van Spanje Spanje (orige items)
2017XXIXVlag van Republiek China[1] Taipei, Republiek ChinaXXVIIIVlag van Kasakstan Kasakstan Alma-Ata, Kasakstan
2019XXXNapels, Vlag van Italië ItaliëXXIXKrasnojarsk, Vlag van Rusland Rusland
2023XXXIChengdu, Vlag van die Volksrepubliek China Volksrepubliek ChinaXXXILake Placid, Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
2025XXXIIRyn-Ruhr-streek, Vlag van Duitsland DuitslandXXXIITuryn, Vlag van Italië Italië

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Republiek China (Taiwan) gebruik om politieke redes tydens internasionale sportbyeenkomste (soos die Universiade) die naam "Chinees Taipei" en 'n spesiale vlag.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]