close
Gaan na inhoud

Iridiumoksied

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Eienskappe

Algemeen

NaamIridiumoksied 
IUSTC-naamIridium(IV)oksied
 
Chemiese formule IrO2
Molêre massa224,953 [g/mol][1]
CAS-nommer12030-49-8[1]  
VoorkomsSwart vastestof
Fasegedrag  
Selkonstantesa=449,9pm c=315,46pm[2]  
RuimtegroepP4₂/mnm [2] 
Nommer136  
StrukturberichtC4
Smeltpunt 1100 °C[1]
Kookpuntonbekend
Digtheid11,7 g/cm3[1]
Oplosbaarheidonoplosbaar in water

Suur-basis eienskappe

pKa

Veiligheid

Flitspuntonbrandbaar

Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande.

 
Portaal Chemie

Iridium(IV)oksied IrO2 is die enigste stabiele oksied van iridium. Die verbinding het die rutielstruktuur met iridium in 'n oktaëdriese omringing. In teenstelling tot die meeste metaaloksiede is dit 'n metalliese geleier. Die elektronkonfigurasie 5d5 in die oktaëder se sesvoudig ontaarde orbitaal t2g wys dat die geleiding veroorsaak word deur 'n onvolledig gevulde d-band. Die geleidbaarhed is ongeveer 104 [S.cm-1]. 'n Studie met XPS het dit later bevestig. Dit verleen iridiumoksied interessante eienskappe. [2] Die stof is baie stabiel en onoplosbaar n water, hoewel dit in koningswater opgelos kan word.[3] Dit het 'n lae werkfunskie. Ondanks sy hoë koste is die stof 'n aantreklike materiaal wat veral as katalisator in die elektrolise van water gebruik word as elektrokatalisator vir die evolusie van suurstof.[2]

'n Ander interessante eienskap van iridiumoksied is dat dit elektrochromies is. Blootgestel aan die juiste potensiaal kan sy kleur verander omdat die volgende reduksiereaksie plaasvind:[2]

Iridium(III)hidroksied is deursigtig, die oksied is blouerig swart. Hierdie reaksie word ook gebruik as pH-sensor. Ander aanwendings is as elektrode in metanolbrandstofselle.[2]

Van iridiumoksied kan ook nanostrukture gemaak word, wat hierdie stof net aantrekliker maak.[2]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1 2 3 4 "Safety data sheet". American elements. Besoek op 17 Julie 2023.
  2. 1 2 3 4 5 6 7 Scarpelli, Francesca, Nicolas Godbert, Alessandra Crispini, and Iolinda Aiello (2022). ""Nanostructured Iridium Oxide: State of the Art"". Inorganics. 10 (8: 115.).
  3. ""THE METALLURGY OF IRIDIUM."". Scientific American. 32 (12): 177–177. 1875. Besoek op 17 Julie 2023.