close
Gaan na inhoud

Kristalglas

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die bladsy behandel 'n soort glas waar lood die kalsium-inhoud vervang. Vir die gekleurde glas wat dikwels in kerke gesien word, sien loodglas.
Voorbeeld van kristalglas.

Kristalglas, ook bekend as kristal of loodkristal, is 'n variëteit van glas waarin lood die kalsium-inhoud van 'n tipiese potas-glas vervang.[1] Kristalglas bevat tipies 18–40% (volgens massa) lood(II)oksied (PbO); moderne loodkristal,[2] histories ook bekend as vuursteenglas vir die oorspronklike silika bron, bevat 'n minimum van 24% PbO.[3] Kristalglas is wenslik vir 'n verskeidenheid gebruike as gevolg van sy helderheid.[4] In bemarkingsterme word dit dikwels kristalglas genoem.

Die term loodkristal is tegnies nie 'n akkurate manier om loodglas te beskryf nie, want glas het nie 'n kristalstruktuur nie en is eerder 'n amorfe-vaste-stof. Die gebruik van die term bly gewild om historiese en kommersiële redes, maar word soms verander na bloot "kristal" as gevolg van lood se reputasie as 'n giftige stof.Dit word behou van die Venesiaanse woord cristallo om die rotskristal (kwarts) te beskryf wat deur Murano-glasmakers nageboots word.[5]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Newton, Roy G.; Sandra Davison (1989). Conservation of Glass. Butterworth – Heinemann Series in Conservation and Museology. London: Butterworths. ISBN 0-408-10623-9.
  2. Schwarcz, Joe (8 Maart 2019). "Alcohol should not be stored in leaded crystal decanters". McGill Office for Science and Society. McGill University.
  3. Hurst-Vose, Ruth (1980). Glass. Collins Archaeology. London: Collins. ISBN 0-00-211379-1.
  4. Benvenuto, Mark Anthony (24 Februarie 2015). Industrial Chemistry: For Advanced Students (in Engels). Walter de Gruyter GmbH & Co KG. ISBN 9783110351705.
  5. Tait, Hugh, red. (2004). Five Thousand Years of Glass. University of Pennsylvania Press (orig. British Museum Press). ISBN 978-0-8122-1888-6.