close
Gaan na inhoud

Blaarslaai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Blaarslaai
Blaarslaai ("Iceberg"-variëteit)
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
(geen rang):
(geen rang):
(geen rang):
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
L. sativa
Binomiale naam
Lactuca sativa
Sinonieme
  • Lactuca scariola var. sativa (Moris)
  • L. scariola var. integrata (Gren. en Godr.)
  • L. scariola var. integrifolia (G. Beck)

Blaarslaai (Lactuca sativa) is 'n eenjarige plant in die asterfamilie Asteraceae. Dit word meestal as blaargroente gekweek, maar soms ook vir sy stam en sade. Blaarslaai is die eerste keer deur die antieke Egiptenare gekweek uit wat blyk 'n onkruid was.[verwysing benodig] Aanvanklik is slegs sy sade gebruik om olie te produseer, maar dis later as 'n voedselplant verbou weens sy sappige blare, bykomend tot die olieryke sade.

Blaarslaai het na die Grieke en Romeine versprei. Hulle het dit "Lactuca" gedoop, waarvan die Engelse woord "lettuce" later afgelei is. Teen 50 nC is verskeie tipes beskryf, en blaarslaai verskyn dikwels in Middeleeuse geskrifte. Gedurende die 16de tot 18de eeue is baie rasse in Europa ontwikkel, en teen die middel van die 18de eeu is kultivars beskryf wat vandag nog in tuine gevind word. Europa en Noord-Amerika het oorspronklik die mark vir blaarslaai oorheers, maar teen die laat 1900s het die gebruik van blaarslaai oor die ganse wêreld versprei.

Produksie

[wysig | wysig bron]
Top 10 Blaarslaaiproduserende lande
(in metrieke ton)
Rang Land 2010 2011 2012 2013
1Vlag van Volksrepubliek China Volksrepubliek China13,004,97713,430,00014,000,0013,500,00
2Vlag van Verenigde State van Amerika VSA4,105,5804,070,8153,875,5433,586,106
3Vlag van Indië Indië1,005,8501,059,8511,075,0001,080,000
4Vlag van Spanje Spanje809,390868,436877,000904,300
5Vlag van Italië Italië843,344819,194755,697796,406
6Vlag van Iran Iran424,228550,799570,000569,038
7Vlag van Japan Japan537,900542,400566,100565,401
8Vlag van Turkye Turkye419,298424,252419,066436,785
9Vlag van Meksiko Meksiko340,976370,066335,337381,127
10Vlag van Duitsland Duitsland308,341340,487420,595347,835
Wêreld23,072,07425,056,97225,545,99924,896,116
Bron: UN Food & Agriculture Organization (FAO) [1]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Production of Lettuce & Chicory by countries". UN Food & Agriculture Organization. 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 November 2016. Besoek op 14 Junie 2015.