Filmspoed
Filmspoed is die graad van ’n fotografiese film se gevoeligheid vir lig. Dit word volgens verskeie skale gemeet, waarvan die mees onlangse die ISO-stelsel is. ’n Verwante stelsel word in digitale kameras gebruik.
Relatief onsensitiewe films, met ’n ooreenstemmende lae ISO-nommer, vereis meer beligting om dieselfde beelddigtheid te produseer as ’n sensitiewer film, en dit word dus ’n "stadige film" genoem. Baie sensitiewe films word "vinnige films" genoem. In beide film- en digitale fotografie lei die vermindering van beligting vanweë hoër sensitiwiteit tot ’n laer beeldgehalte. Hoe hoër die sensitiwiteit, hoe "korrelriger" sal die beeld dus wees.

Vergelyking tussen ISO en DIN
[wysig | wysig bron]Die standaarde ASA (vir American Standards Association) en DIN (vir Deutsches Institut für Normung) word sedert 1974 gekombineer in die ISO-standaard. (Die DIN-standaard word gewoonlik deur 'n gradeteken gevolg, bv. 21°) Hoewel die meetmetodes vir ISO/ASA en DIN op verskillende uitgangspunte gebaseer is, word die volgende omrekenings algemeen gebruik (van lae na hoë gevoeligheid):
| ISO/ASA | DIN |
|---|---|
| 25 | 15 |
| 32 | 16 |
| 40 | 17 |
| 50 | 18 |
| 64 | 19 |
| 80 | 20 |
| 100 | 21 |
| 125 | 22 |
| 160 | 23 |
| 200 | 24 |
| 250 | 25 |
| 320 | 26 |
| 400 | 27 |
| 640 | 29 |
| 800 | 30 |
| 1600 | 33 |
| 3200 | 36 |
Let daarop dat die DIN-waarde met drie toeneem vir elke verdubbeling van die ISO/ASA-waarde. Die waardes met ’n liggrys agtergrond word in die praktyk selde gebruik.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- What is the meaning of ISO for digital cameras? Digitale fotografie: veel voorkomende vrae
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Filmspoed.