close
Gaan na inhoud

Hugo Alfvén

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Hugo Alfven)
Hugo Emil Alfvén
Gebore1 Mei 1872
Sterf8 Mei 1960
GenresKlassiek
Beroep(e)Komponis

Hugo Emil Alfvén (Sweeds: alˈveːn; 1 Mei 1872 - 8 Mei 1960) was 'n Sweedse komponis, dirigent, violis en skilder.

Loopbaan

[wysig | wysig bron]

Violis

[wysig | wysig bron]

Alfvén is gebore in Stockholm, Swede, en het van 1887 tot 1891 gestudeer aan die Koninklike Kollege van Musiek(Kungliga Musikhögskolan) in Stockholm met die viool as sy hoofinstrument. Hy het gestudeer onder Lars Zetterquist.

Hy het ook private komposisielesse geneem by Johan Lindegren, een van die voorste deskundiges in kontrapunt. Hy het 'n lewe gemaak deur viool te speel by die Koninklike Sweedse Opera in Stockholm. Hy het ook viool gespeel in die Koninklike Sweedse Orkes (Kungliga Hovkapellet).

Dirigent

[wysig | wysig bron]

1897 was die aanvang van 'n tienjaar-lange tydperk waartydens Alfvén baie deur Europa sou reis. Hy het viooltegniek in Brussel gestudeer onder César Thomson, en opleiding as dirigent ontvang in Dresden as sub-dirigent onder Hermann Ludwig Kutzschbach.

In 1903-4 was hy professor van komposisie aan die Koninklike Konservatorium in Stockholm. Van 1910 af was Alfvén Director musices (musiekdirekteur) aan die Universiteit van Uppsala ('n pos wat hy tot 1939 gehou het). Daar was hy ook tot 1947 aan die hoof van die manlike stemkoor Orphei Drängar (of 'O.D.'). Hy het as dirigent opgetree in feeste by Dortmund (1912), Stuttgart (1913), Gotenburg (1915) en Kopenhagen (1918–1919). Hy het regdeur sy loopbaan deur Europa getoer as dirigent. In 1917 het hy 'n Ph.D. honoris causa van die Universiteit van Uppsala ontvang en in 1908 'n lid geword van die Koninklike Akademie van Musiek in Stockholm.[1] Alfvén het sommige van sy eie orkestrale musiek in stereo opgeneem in laat-1954 (die eerste klassieke stereo opnames wat in Swede gemaak is);[2] die opnames is in die Verenigde State uitgereik as langspeelplate deur die Westminster Plate-etiket. 'n Drie-CD versameling van Alfvén se opnames as dirigent is ook uitgereik.

Musiek

[wysig | wysig bron]
'n Gedenkplaat vir Hugo Alfvén by Stockholm se stadsaal

Alfvén het bekend geword as een van die belangrikste Sweedse dirigente van sy tydsgewrig, saam met Wilhelm Stenhammar. Alfvén se musiek is geskryf in 'n laat-Romantiese idioom. Sy orkestrasie is in 'n vaardige en kleurvolle styl geskryf, wat herinner aan die werke van Richard Strauss. Soos Strauss, het Alfvén 'n aansienlike aantal programmatiese musiek geskryf. Sommige van Alfvén se musiek herinner aan die landskap van Swede.

'n Groot deel van sy werk is geskryf vir manlike stemkoor, saam met vyf simfonieë en drie orkestrale "Sweedse rapsodieë". Die eerste van hierdie rapsodieë, Midsommarvaka is sy bekendste werk.

Alfvén se vyf simfonieë, waarvan die eerste vier reeds verskeie kere opgeneem is, gee 'n blik op die komponis se musikale vordering. Die eerste, in F mineur, sy Opus 7 van 1897, is 'n vroeë werk van welluidendheid in vier bewegings. Die tweede, in D majeur (1898-99), sy Opus 11 (en eintlik sy graduasiestuk) sluit af met 'n aansienlike, selfs kragtige koor-prelude en fuga in D mineur. Die derde simfonie in E majeur, Opus 23 (1905), ook in vier bewegings, is meer volwasse wat tegniek betref, alhoewel "lig gemanierd" en geïnspireer deur 'n reis na Italië. Die vierde Simfonie in C mineur, Opus 39 uit 1918-1919, is 'n simfonie in een beweging ('n opvoering neem ongeveer 45 minute) wat gebruik maak van woordlose stemme, geïnspireer deur Carl Nielsen se Sinfonia Espansiva. Die vyfde in A mineur, die skryf waarvan in 1942 'n aanvang geneem het, is een van die koomponis se laaste werke en is slegs twee keer volledig opgeneem (opnames en uitvoerings van die vyfde simfonie, hoewel skaars, bestaan gewoonlik net uit die 15-minuut-lange eerste beweging).

Naxos en BIS Records beskik oor versamelings en 'n klompie indiwiduele opnames van sy simfonieë en ander werke. Brilliant Classics het ook 'n 5-CD stel van BIS, bestaande uit Alfven se simfonieë en ander orkestrale werke, gelisensieer en heruitgereik.

Sweedse Rapsodie No. 1

[wysig | wysig bron]

Die eerste rapsodie, ook bekend as Midsommarvaka (Midsomer Nagwaak), is in 1903 geskryf en word dikwels die "Sweedse Rapsodie" genoem. Dit is die bekendste werk deur Alfvén en ook een van die bekendste musiekstukke in Swede.

Skilder en skrywer

[wysig | wysig bron]

Alfvén se bydrae was multi-dimensioneel en het ook skilderwerk en skryfwerk ingesluit. Hy was 'n talentvolle skilder van waterverf en wou hom op 'n keer uitsluitlik toewy aan skilder. Hy was ook 'n talentvolle skrywer. Sy outobiografie van vier-volumes is "boeiend" genoem en gee 'n blik op die musikale lewe van Swede, waarvan Alfvén vir meer as 'n halwe eeu 'n sentrale figuur was.

Persoonlike Lewe

[wysig | wysig bron]

Alfvén is op 1 Mei 1872 in Stockholm gebore en het op 8 Mei 1960, net ná sy 88ste verjaardag, in Falun beswyk.[3] Sy neef was Hannes Alfvén, wat in 1970 die Nobelprys vir Fisika gewen het.

Hy was drie keer getroud. Sy eerste huwelik (1912-36) was met die Deense skilderes Marie Triepcke (1867–1940), voorheen getroud met die skilder Peder Severin Krøyer (1851–1909). Na sy egskeiding in 1936 het hy getrou met Carin Wessberg (1891-1956). Sy sterf twee dekades (1936–56) later. Hy het in 1959 met Anna Lund (1891-1990) getrou.

Lys van musikale werke

[wysig | wysig bron]

Met Hugo Alfvén se heengaan is sy musikale argief oorhandig aan die Universiteit van Uppsala. Jan Olof Rudén was verantwoordelik vir die liassering van Alfvén se musiek, en het orde probeer skep uit 'n totaal van 214 werke. Die komponis se werke is amptelik geliasseer en is voorsien van opusnommers ('n totaal van 54 werke). Alfvén se werke is geliasseer volgens 'n Rudén-nommer, saam met 'n katalogus vir sy opusnommers. Rudén het daardeur probeer om sy werke te klassifiseer gebaseer op ander data. Daar bestaan steeds dokumente ten opsigte waarvan geen datum of Opus/Rudén-nommer toegeken is nie.

In die onderstaande lys van werke bevat sekere opusnommers meer as een titel. Opusnommer 48 is nooit gebruik nie.

Orkes

[wysig | wysig bron]
  • Opus 7 | Rudén 24: Simfonie No. 1 in F mineur (Gekomponeer in 1897)
    • 1ste Beweging: Grave – Allegro con brio
    • 2de Beweging: Andante
    • 3de Beweging: Allegro, molto scherzando
    • 4de Beweging: Allegro, ma non troppo
  • Opus 11 | Rudén 28: Simfonie No. 2 in D majeur (Gekomponeer in 1899) (Mainz 1901)
    • 1ste Beweging: Moderato
    • 2de Beweging: Andante
    • 3de Beweging: Allegro
    • 4de Beweging: Fugue, Allegro energico
  • Opus 19 | Rudén 45: Sweedse Rapsodie No. 1, Midsommarvaka (Voltooi in 1903) (Kopenhagen 1908)
  • Opus 20 | Rudén 49: Simfoniese gedig, En skärgardssägen (Eerste opgevoer in 1905) (Stockholm 1921)
  • Opus 23 | Rudén 54: Simfonie No. 3 in E majeur (Voltooi in 1905)
    • 1ste Beweging: Allegro con brio
    • 2de Beweging: Andante
    • 3de Beweging: Presto
    • 4de Beweging: Allegro con brio
  • Opus 24 | Rudén 58: Sweedse Rapsodie No. 2, Uppsalarapsodi (Gekomponeer in 1907) (Stockholm 1907)
  • Opus 25 | Rudén 59: Festspel vir teater (gekomponeer in 1907) (Stockholm 1908)
  • Opus 26 | Rudén 67: Fest-Ouverture (gekomponeer in 1909)
  • Opus 27 | Rudén 62: Drapa (gekomponeer in 1908)
  • Opus 37 | Rudén 99: Bergakungen (Die Bergkoning), ballet-pantomime
  • Opus 38 | Rudén 92: Elégie (By Emil Sjögrense se begrafnis)
  • Opus 39 | Rudén 93: Simfonie No. 4 in C mineur, Från havsbandet (Van die Buitewyke van die Skiereiland) (Voltooi in 1919) (Wene 1922)
    • 1ste Beweging: Moderato – Allegretto, ma non troppo
    • 2de Beweging: Allegro – Moderato – Allegro
    • 3de Beweging: Lento – Maestoso – Molto appassionato
    • 4de Beweging: Allegro agitato
  • Opus 42 | Rudén 109: Hjalmar Brantings Sorgmarsch
  • Opus 47 | Rudén 120: Sweedse Rapsodie No. 3, Dalarapsodi (voltooi in 1931)
  • Opus 49 | Rudén 121: Elegie (van Gustav II Adolf)
  • Opus 52 | Rudén 201: Feestelike Ouverture
  • Opus 54 | Rudén 209: Simfonie No. 5 in A mineur
    • 1ste Beweging: Lento – Allegro non troppo
    • 2de Beweging: Andante
    • 3de Beweging: Lento – Allegro – Presto molto agitato
    • 4de Beweging: Finale: Allegro con brio
  • Rudén 214: Die Verlore Seun, ballet suite

Stem en orkes

[wysig | wysig bron]
  • Opus 13 | Rudén 33: Die Klokke vir baritoon en orkes
  • Opus 15 | Rudén 39: Die Heer se Gebed vir koor, soliste en orkes
  • Opus 30 | Rudén 76: Ballade vir baritoon, manlike koor en orkes
  • Opus 33 | Rudén 83: Baltiese Uitstalling Kantate (1914)
  • Opus 40 | Rudén 98: Ode oor Gustavus Vasa vir soliste, gemengde stemme en orkes

Kamermusiek

[wysig | wysig bron]
  • Opus 1 | Rudén 12: Sonate vir viool en klavier
  • Opus 3 | Rudén 21: Romance vir viool en klavier
  • Opus 5 | Rudén 25: Notturno Elegiaco vir horing en orrel
  • Liten svit för soloflöjt ur Mostellaria (Klein Suite vir solofluit)

Ander

[wysig | wysig bron]
  • klavierstukke
  • liedere

In populêre kultuur

[wysig | wysig bron]

Hugo Alfvén is waarskynlik die bron van inspirasie vir die karakter "Karsten From" in die roman De Dødes Rige (Die Koninkryk van die Dood) deur die Deense skrywer Henrik Pontoppidan.[4]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Details uit A. Eaglefield-Hull, A Dictionary of Modern Music and Musicians (Dent, Londen 1924).
  2. Geargiveer 24 Junie 2007 op Wayback Machine
  3. Hugo Alfvén at "Dr. Estrella's Incredibly Abridged Dictionary of Composers"
  4. http://www.henrikpontoppidan.dk/text/seclit/secartikler/winkel_holm.html

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]