close
Gaan na inhoud

Joe Fagan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Joe Fagan
Persoonlike inligting
Geboortedatum(1921-03-12)12 Maart 1921
GeboorteplekWalton, Liverpool, Engeland
Sterfdatum30 Junie 2001 (op 80)
SterfplekLiverpool, Engeland
SpeelposisieVleuel-half (middelvelder)
Seniorloopbaan*
JareSpanKere(Doele)
1937–1938Earlestown Bohemians
1938–1951Manchester City158(2)
1951–1953Nelson45(4)
1953–1954Bradford Park Avenue3(0)
1954–1955Altrincham30(1)
Totaal236(7)
Spanne bestuur
1951–1953Nelson (speler-afrigter)
1983–1985Liverpool
* Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga..
† Kere uitgedraf (Doele).

Joseph Francis Fagan (12 Maart 192130 Junie 2001) was ’n Engelse sokkerspeler en afrigter. Hy het vir Manchester City in die Football League First Division (die huidige Premierliga) gespeel as ’n vleuel-half (middelvelder). Namate sy spelersloopbaan tot ’n einde gekom het, het hy besluit om afrigter te word en by klubs in laer ligas gewerk voordat hy in 1958 die geleentheid gekry het om by Liverpool aan te sluit.

Vanaf Desember 1959 het hy saam met Bill Shankly en Bob Paisley gewerk en was hy baie suksesvol in sy afrigting van die klub se reserwespanne. Hy was hoofsaaklik verantwoordelik vir die ontwikkeling van toekomstige sterspelers soos Roger Hunt, Ian Callaghan en Tommy Smith. Nadat Shankly in 1974 afgetree het, het Fagan assistentbestuurder onder Paisley geword en uiteindelik self bestuurder toe Paisley in 1983 afgetree het.

In sy eerste seisoen het Fagan ’n historiese “treble” behaal toe Liverpool die Europese Beker, die Liga-kampioenskap en die Ligabeker gewen het. Hy het besluit om aan die einde van sy tweede seisoen af te tree, en sy laaste wedstryd as afrigter was die Europese Beker-eindstryd op 29 Mei 1985, wat die toneel was van die Heizelstadion-ramp.

Fagan was ’n eenvoudige man wat in die eenvoud van sokker geglo het en ’n toegewyde familieman was wat verkies het om sy werk stilweg te doen en die kollig te vermy. Hy en sy gesin het gedurende sy hele Liverpool-loopbaan en daarna in dieselfde huis naby Anfield gewoon.[1]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Laura Jones (8 Oktober 2010). "Tributes paid as Liverpool FC legend Joe Fagan's widow Lil dies". Crosby Herald. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Januarie 2014. Besoek op 13 Januarie 2014.