Our Planet
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
| Our Planet | |
| Genre | Natuurdokumentêr |
|---|---|
| Vertel deur | David Attenborough (Engels) |
| Oorsprong | Brittanje |
| Taal | Engels |
| Aantal seisoene | 2 |
| Aantal episodes | 12 |
| Uitvoerende vervaardiger(s) |
|
| Produksiemaatskappy |
|
| Uitsending | |
| Oorspronklike kanaal | Netflix |
| Oorspronklike lopie | 5 April 2019 – tans |
Our Planet is 'n Britse dokumentêre natuurreeks vir televisie wat vir Netflix vervaardig is. Die verteller is David Attenborough. Die reeks is vervaardig deur Silverback Films onder leiding van Alastair Fothergill en Keith Scholey, wat ook die BBC-dokumentêre Planet Earth, Frozen Planet en The Blue Planet vervaardig het, in samewerking met die Wêreldnatuurlewefonds (WNF). Die klankbaan is deur Steven Price gekomponeer.
Die reeks fokus op die natuurlewe en wonders van agt verskillende ekostelsels en is geprys vir sy groter fokus op die menslike impak op die omgewing as tradisionele natuurdokumentêre. Dit sentreer rondom hoe klimaatsverandering alle lewende wesens beïnvloed. Dit is die eerste natuurdokumentêr wat Netflix nog gemaak het.
Al die episodes is op 5 April 2019 uitgereik. Netflix het berig dat 25 miljoen huishoudings na verwagting die reeks sou kyk in die eerste maand ná sy uitreiking.[1] Later is berig 100 miljoen huishoudings het die reeks teen Maart 2021 gekyk.[2]
'n Tweede seisoen, Our Planet II, is op 14 Junie 2023 uitgereik.[3]
Produksie
[wysig | wysig bron]Op 15 April 2015 is aangekondig die span agter die BBC-natuurreeks Planet Earth van 2006 sal 'n natuurreeks van agt episodes vir Netflix vervaardig wat in 2019 uitgereik sal word.[4] Dit het nege en 'n half weke geduur om te verfilm en tonele is in 50 lande geskiet. Meer as 600 mense het daaraan gewerk. Die reeks fokus op die diversiteit van habitats oor die wêreld heen, insluitende die Arktiese wildernis, die diepsee, die uitgestrekte landskappe van Afrika en die uiteenlopende woude van Suid-Amerika.[5]
In November 2018 is aangekondig David Attenborough sal die verteller wees en die reeks sal op 5 April 2019 uitgereik word.[6]
Die première is op 4 April 2019 in die Natuurhistoriese Museum in Londen gehou. Gaste het ingesluit prins Charles en sy twee seuns, prinse William en Harry, David Beckham en sy seun Brooklyn, Ellie Goulding en David Attenborough.[7]
Episodes
[wysig | wysig bron]| Seisoen | Episodes | Uitgereik | |
|---|---|---|---|
| 1 | 8 | 5 April 2019 | |
| 2 | 4 | 14 Junie 2023 |
Ontvangs
[wysig | wysig bron]
Op Rotten Tomatoes het die reeks 'n goedkeuringsyfer van 93% gekry, gebaseer op 27 resensies, en 'n gemiddelde punt van 8,33 uit 10.[8] Op Metacritic het dit 'n punt van 88 uit 100 gekry, gebaseer op 7 resensie – wat dui op "algemene byval".[9]
Lucy Mangan van The Guardian het Our Planet 4 uit 5 sterre gegee en gesê dit plaas duideliker klem op die kwesbaarheid en interafhanklikheid van alle spesies en ekostelsels, en op die groot uitwerking wat die mens in so 'n kort tyd op hulle het.[10] Bryan Resnick van die webtuiste Vox sê: "Dit herinner ons dat ons in 'n tydperk lewe van 'n ongelooflike verlies aan natuurlewe weens menslike ontwikkeling, oorbevissing, ontbossing en klimaatsverandering. Dié reeks laat ons dit nie vergeet nie. Mense het ongelooflike verlies aan die natuurlewe veroorsaak."[11]
Ben Travers van Indie Wire het die reeks 'n B+ gegee en gesê dit kontrasteer die wêreld se natuurwonders met die omgewingskrisis van hulle uitwis. "Hulle dood is 'n waarskuwing van die onderliggende donkerte van Our Planet, 'n natuurreeks wat nie tevrede is met passiewe kommentaar nie. Die ligte, komiese aanslag wat soms vir pragtige oomblikke sorg, word oorskadu, indien nie heeltemal bederf nie, deur die traumatiese lesse."[12] Will Gompertz van die BBC het dit ook 4 uit vyf sterre gegee.[13] Kevin Yeoman van Screen Rant sê: "Dit probeer niemand van niks oortuig nie – die tyd daarvoor is lankal verby. Die gee net die inligting as feite, op so 'n reguit manier moontlik."[14]
Ed Power van The Telegraph het die reeks egter gekritiseer omdat dit "visueel kragtig, maar baie bekend is". Hy gee dit 3 uit 5 sterre en skryf: Dit is cliché-agtig in die uitbeelding van die lewe op aarde as 'n ballet van tande en kloue in stadige aksie..."[15] Lucy Jones sê in The Independent die belangrikste aspek van die reeks, wat dit bo ander laat uitstaan, is die uitbeelding van die harde werklikheid van aardverwarming, massauitwissingss en omgewingsverval wat in die vertelling ingeweef is wat die asemrowende tonele vergesel, maar sy sê ook dit het nie ver genoeg gegaan nie en moes radikaler gewees het in die lig van huidige ekologiese krisisse. Sy meen die reeks moes die sondaars tot verantwoording geroep het. Oor die feit dat Attenborough die gehoor vertel "ons het die helfte van die woude op aarde vernietig", vra sy: "Maar wie is ons?" Sy sê verder: "Ja, ons is almal skuldig, maar waar is die groter magte aan die werk? Ek wou hê die reeks moes verder gaan, onder die kombers kyk."[16]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Porter, Rick (16 April 2019). "'Umbrella Academy' Draws 45M Global Viewers, Netflix Claims". The Hollywood Reporter. Besoek op 16 April 2019.
- ↑ "Every Viewing Statistic Netflix Has Released So Far". What's on Netflix. 8 April 2021.
- ↑ Netflix Media Center (November 1, 2022). "Netflix Expands Natural History Slate with Six New Documentary Series, Beginning November 22 with 'Our Universe'". Persberig. https://about.netflix.com/en/news/netflix-expands-natural-history-slate-with-six-new-documentary-series-our-universe-premieres-november-22. Besoek op November 1, 2022.
- ↑ Beaumont-Thomas, Ben (15 April 2015). "Planet Earth team head to Netflix for epic new series Our Planet". The Guardian. Besoek op 9 November 2018.
- ↑ Spangler, Todd (15 April 2015). "Netflix Slates 'Our Planet' Massive Nature Documentary Series for 2019". Variety. Besoek op 8 April 2019.
- ↑ Waterson, Jim (8 November 2018). "David Attenborough to present Netflix nature series Our Planet". The Guardian. Besoek op 9 November 2018.
- ↑ Ling, Thomas (5 April 2019). "Royals join David Attenborough for star-studded Our Planet Netflix premiere". Radio Times. Besoek op 10 April 2018.
- ↑ (in en) Our Planet: Season 1, https://www.rottentomatoes.com/tv/our_planet/s01, besoek op 19 April 2019
- ↑ (in en) Our Planet Reviews, https://www.metacritic.com/tv/our-planet/season-1, besoek op 19 April 2019
- ↑ Mangan, Lucy (5 April 2019). "Our Planet review – Attenborough's first act as an eco-warrior". The Guardian (in British English). ISSN 0261-3077. Besoek op 10 April 2019.
- ↑ Resnick, Brian (8 April 2019). "Netflix's Our Planet focuses on the most important nature story of our time: loss". Vox. Besoek op 10 April 2019.
- ↑ Travers, Ben (5 April 2019). "'Our Planet' Review: Netflix's Stunning Nature Doc Is Here to Tell You We're Screwed". IndieWire (in Engels). Besoek op 10 April 2019.
- ↑ Gompertz, Will (6 April 2019). "Review: Our Planet, Sir David Attenborough's Netflix debut" (in British English). Besoek op 10 April 2019.
- ↑ "Review: Netflix's Our Planet". ScreenRant (in American English). 3 April 2019. Besoek op 10 April 2019.
- ↑ Power, Ed (1 April 2019). "Our Planet review: David Attenborough's Netflix series is visually dazzling but very familiar". The Telegraph (in British English). ISSN 0307-1235. Besoek op 10 April 2019.
- ↑ Jones, Lucy (7 April 2019). "Our Planet: We are already into the sixth mass extinction – Attenborough's new Netflix series is just not urgent or radical enough". The Independent. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Mei 2022. Besoek op 11 April 2019.
Skakels
[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.