close
Gaan na inhoud

X-straal

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf X-strale)
'n X-straalfoto van 'n persoon se longe.

X-strale of x-strale is elektromagnetiese strale soortgelyk aan radio-, hitte- en ligstrale. Hulle het egter baie korter golflengtes en kan deur liggame of voorwerpe dring wat opaak (ligondeurdringbaar) is. X-strale dek die volgende gedeelte van die elektromagnetiese spektrum: 30 EHz – 30 PHz[Nota 1] en golflengtes van 0,01 nm – 10 nm. Hulle het ’n energie van tussen 124 eV en 124 keV.

Die term röntgenstrale, wat soms daarvoor gebruik word, is genoem na Wilhelm Röntgen,[1] wat gewoonlik die krediet daarvoor kry dat hy dit ontdek het; hy het dit "X-strale" genoem om ’n onbekende soort straal aan te dui.[2]

Gebruike

[wysig | wysig bron]

X-strale met ’n hoë fotonenergie (bo 5-10 keV; ’n golflengte onder 0,2-0,1 nm) word "harde X-strale" genoem, en dié met ’n lae energie "sagte X-strale".[3] Vanweë die deurdringingsvermoë van harde X-strale word hulle algemeen gebruik om die binnekant van voorwerpe te sien, byvoorbeeld in mediese radiografie en lughawesekuriteit. Die term "X-straal" word algemeen gebruik vir ’n radiografiese beeld asook vir die metode self.

Omdat die golflengtes van harde X-strale soortgelyk is aan die grootte van atome, is hulle ook nuttig in die bepaling van kristalstrukture. Daarteenoor word sagte X-strale maklik in die lug geabsorbeer.[4]

Generasie

[wysig | wysig bron]
Bohr se model van die atoom. 'n Elektron wat van die n=3-skil (M-skil) na die n=2-skil (L-skil)val, verloor energie. Hierdie energie word as 'n enkele foton weggevoer..

Die X-straalspektrum bestaan ​​gewoonlik uit agtergrondstraling wat versprei is volgens die Rayleigh-wet en waarop 'n aantal skerp spektrale lyne geplaas is. Hierdie spektrale lyne word gegenereer wanneer 'n hoë-energie elektron een van die elektrone in 'n interne skil van 'n atoom losmaak. Die losgemaakte elektron is dikwels van die K (of binneste) skil. Daarna vul 'n elektron van een van die hoër skille hierdie leemte en gee sy surplusenergie in die vorm van 'n foton af. Waneer 'n mens die SI-stelsel gebruik, is die benaderde energie (n joules) van die foton deur die volgende vergelyking gegee:

waar

: konstante van Planck
: ligsnelheid
: Konstante van Rydberg
: Aantal protone in die kern
: Getal van die laer energievlak
: Getal van die hoër energievlak.
X-straalspektrum vir molibdeen en koper. The Ka lines are generated by a transition from

Alhoewel energieë wat deur hierdie vergelyking gegee in joules aangehaal word, dui X-straalpraktisyns gewoonlik die energie van die X-straalbundel in elektronvolts aan. Dit gee 'n aanduiding van die spanning wat nodig is om die bundel te skep. Die twee is verwant deur .[5]

Die sterkste lyne op die X-straalspektrum word die Kα- en Kβ-lyne genoem. Hierdie lyne ontstaan ​​uit leemte in die binneste of K-skil (). Die Kα-lyn stem ooreen met hierdie leemte wat gevul is met 'n elektron van die L-skil (), terwyl die Kβ-lyn ooreenstem met die leemte wat gevul word deur 'n elektron van die M-skil ().

Kenmerkende X-straal-emissielyne vir sommige algemene anodemateriale.[6][7]
Anode
materiaal
Atoom-
getal
Foton energie [keV]golflengte [nm]
Kα1Kβ1Kα1Kβ1
W 7459.367.20.02090.0184
Mo 4217.519.60.07090.0632
Cu 298.058.910.1540.139
Ag 4722.224.90.05590.0497
Ga 319.2510.260.1340.121
In 4924.227.30.05120.0455
Al 131.48671.55740.83400.7961

Notas

[wysig | wysig bron]
  1. 1 EHz = 1018 Hz en 1 PHz = 1015 Hz

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "X-Rays" (in Engels). Nasa. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2016. Besoek op 7 November 2012.
  2. Novelline, Robert (1997). Squire's Fundamentals of Radiology. Harvard University Press. 5de uitg. ISBN 0-674-83339-2.
  3. David Attwood (1999). Soft X-rays and extreme ultraviolet radiation. Cambridge University. p. 2. ISBN 978-0-521-65214-8. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 April 2011. Besoek op 16 November 2016.
  4. "Physics.nist.gov". Physics.nist.gov. Besoek op 8 November 2011.
  5. "2022 CODATA Value: electron volt". The NIST Reference on Constants, Units, and Uncertainty. (in Engels). NIST. Mei 2024. Besoek op 6 April 2026.
  6. "X-ray Transition Energies Database". NIST Physical Measurement Laboratory. 9 Desember 2011. Besoek op 19 Februarie 2016.
  7. "X-Ray Data Booklet Table 1-3" (PDF). Center for X-ray Optics and Advanced Light Source, Lawrence Berkeley National Laboratory. 1 Oktober 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 23 April 2009. Besoek op 19 Februarie 2016.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]