Tuisblad
| Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word. |
|
| Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
| Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
|
Voorbladartikel
Die Katedraal van Petrus en Paulus (Russies: Петропа́вловский собо́р; Petropawlofski sobor) is ’n Russies-Ortodokse katedraal in Sint Petersburg, Rusland. Dit is in die Fort van Petrus en Paulus geleë en is die stad se eerste en oudste baken. Dit is tussen 1712 en 1733 op Zajatsji-eiland aan die Newarivier gebou. Beide die fort en die kerk is aanvanklik deur tsaar Pieter die Grote laat bou en deur Domenico Trezzini ontwerp. Die katedraal se kloktoring is die hoogste Ortodokse toring in die wêreld. Die katedraal is gewy aan die apostels Petrus en Paulus, twee van die die stad se beskermheiliges. Die huidige gebou is die tweede op die terrein; die eerste kerk wat net ná die stad se stigting deur Pieter die Grote laat bou is, is in April 1704 ingewy. Die huidige gebou, die eerste steenkerk in Sint Petersburg, is deur Trezzini ontwerp en tussen 1712 en 1733 gebou. Die goue toring is 123 meter hoog en het ’n goue engel aan die spits wat ’n kruis vashou. Die engel is een van die belangrikste simbole van die stad. Die katedraal het ook ’n unieke ikonostase, of beeldewand. Dit is gewoonlik ’n plat muur in Oosters-Ortodokse kerke met drie deure in, waaronder die sentrale Heilige Deur. In die Katedraal van Petrus en Paulus vorm die ikonostase egter ’n soort toring oor die heiligdom, of altaar. Die katedraal is in 1919 gesluit en in 1924 in ’n museum omskep. Dit is steeds amptelik ’n museum, hoewel kerkdienste in 2000 hervat is. Feitlik al die Russiese tsaars sedert Pieter die Grote is in die katedraal begrawe, ook Nikolaas II en sy gesin wat in Julie 1998 hier herbegrawe is. Die enigste twee tsaars wat nie hier begrawe is nie, is Pieter II en Iwan VI. Op 28 September 2006 is keiserin Maria Fjodorowna, Nikolaas II se ma, ook in die katedraal herbegrawe om te voldoen aan haar wens om naas haar man, Alexander III, begrawe te word. Sy is op 13 Oktober 1928 in bannelingskap in haar geboorteland, Denemarke, oorlede. Die katedraal was die stad se katedraalkerk (setel van die biskop) tot met die bou van die Sint Isak-katedraal in 1859. Die huidige katedraalkerk is die Kazankatedraal aan Nefski-prospekt.
In die nuus
Het u geweet...
... dat in Australië en Nieu-Seeland meer skape as mense is? In Australië is daar 65,8 miljoen skape (2019) en 'n bevolking van 25,96 miljoen mense (2022), en in Nieu-Seeland 26,8 miljoen skape (2019) en 5 miljoen mense (2023).
Vandag in die geskiedenis
5 Augustus: Onafhanklikheidsdag in Burkina Faso (1960); Oorwinningsdag in Kroasië (1995); Feesdag van pous Fabianus in die Oosters-Ortodokse Kerk.
Voorbladbeeld
|
Vind artikels
| |
|
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
|
Geskiedenis | ||
|
Kultuur | ||
|
Religie | ||
|
Samelewing | ||
|
Taal | ||
|
Tegnologie | ||
|
Wetenskap | ||
|
Wikipedia in ander tale
| ||
|
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • فارسی • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
|
Weergawes met meer as 750 000 artikels Català | ||
|
Weergawes met meer as 500 000 artikels تۆرکجه • Нохчийн • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça | ||
|
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Srpskohrvatski / српскохрватски • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha • Bân-lâm-gú | ||
|
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Ladin • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • Kiswahili • தமிழ் • తెలుగు • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
|
Weergawes met meer as 50 000 artikels aragonés • Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • گیلکی • Hausa • Kreyòl ayisyen • Ido • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • lombard • മലയാളം • مازِرونی • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Ślůnski • Tagalog • Vèneto | ||
|
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris. |



