close
Gaan na inhoud

Tuisblad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Welkom by Wikipedia,
Woensdag, 5 Augustus 2026
Hier is tans 130 051 artikels in Afrikaans.
Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep.
Inleiding  Hulp  Kontak Gebruikersportaal  Voorbladartikels  Kategorieë  Stel ’n vraag

Voorbladartikel

Die Katedraal van Petrus en Paulus (Russies: Петропа́вловский собо́р; Petropawlofski sobor) is ’n Russies-Ortodokse katedraal in Sint Petersburg, Rusland. Dit is in die Fort van Petrus en Paulus geleë en is die stad se eerste en oudste baken. Dit is tussen 1712 en 1733 op Zajatsji-eiland aan die Newarivier gebou. Beide die fort en die kerk is aanvanklik deur tsaar Pieter die Grote laat bou en deur Domenico Trezzini ontwerp. Die katedraal se kloktoring is die hoogste Ortodokse toring in die wêreld.

Die katedraal is gewy aan die apostels Petrus en Paulus, twee van die die stad se beskermheiliges. Die huidige gebou is die tweede op die terrein; die eerste kerk wat net ná die stad se stigting deur Pieter die Grote laat bou is, is in April 1704 ingewy. Die huidige gebou, die eerste steenkerk in Sint Petersburg, is deur Trezzini ontwerp en tussen 1712 en 1733 gebou. Die goue toring is 123 meter hoog en het ’n goue engel aan die spits wat ’n kruis vashou. Die engel is een van die belangrikste simbole van die stad. Die katedraal het ook ’n unieke ikonostase, of beeldewand. Dit is gewoonlik ’n plat muur in Oosters-Ortodokse kerke met drie deure in, waaronder die sentrale Heilige Deur. In die Katedraal van Petrus en Paulus vorm die ikonostase egter ’n soort toring oor die heiligdom, of altaar.

Die katedraal is in 1919 gesluit en in 1924 in ’n museum omskep. Dit is steeds amptelik ’n museum, hoewel kerkdienste in 2000 hervat is. Feitlik al die Russiese tsaars sedert Pieter die Grote is in die katedraal begrawe, ook Nikolaas II en sy gesin wat in Julie 1998 hier herbegrawe is. Die enigste twee tsaars wat nie hier begrawe is nie, is Pieter II en Iwan VI. Op 28 September 2006 is keiserin Maria Fjodorowna, Nikolaas II se ma, ook in die katedraal herbegrawe om te voldoen aan haar wens om naas haar man, Alexander III, begrawe te word. Sy is op 13 Oktober 1928 in bannelingskap in haar geboorteland, Denemarke, oorlede. Die katedraal was die stad se katedraalkerk (setel van die biskop) tot met die bou van die Sint Isak-katedraal in 1859. Die huidige katedraalkerk is die Kazankatedraal aan Nefski-prospekt.

...lees verder

In die nuus
Gdynia se modernistiese stadsentrum
Gdynia se modernistiese stadsentrum
Tasjkent se modernistiese argitektuur
Tasjkent se modernistiese argitektuur

Het u geweet...

... dat in Australië en Nieu-Seeland meer skape as mense is? In Australië is daar 65,8 miljoen skape (2019) en 'n bevolking van 25,96 miljoen mense (2022), en in Nieu-Seeland 26,8 miljoen skape (2019) en 5 miljoen mense (2023).

... dat Ellen Johnson-Sirleaf die eerste vroulike president van 'n Afrika-land is? Sy is as president van Liberië ingehuldig op 16 Januarie 2006. Op 9 November 2011 is sy vir 'n tweede ampstermyn gekies.

... dat goudvissies nie so slegte geheue het as wat geglo word nie? Hulle kan geleer word om deur doolhowe te navigeer en kan na 'n paar maande hulle eienaars herken.

... dat die bedryfstelsel Debian na sy ontwikkelaar en dié se meisie vernoem is? Ian Murdock het dit na hom en sy vriendin Debra vernoem.

... dat Montreal in Kanada die tweede grootste Franstalige stad in die wêreld is? Dit is met die 3,9 miljoen inwoners in die metropolitaanse gebied die grootste stad van die Franstalige provinsie Quebec en die tweede grootste in Kanada.

Vandag in die geskiedenis

5 Augustus: Onafhanklikheidsdag in Burkina Faso (1960); Oorwinningsdag in Kroasië (1995); Feesdag van pous Fabianus in die Oosters-Ortodokse Kerk.

Die vlag van die Nieuwe Republiek
Die vlag van die Nieuwe Republiek

Voorbladbeeld
'n Kameelperd (Giraffa camelopardalis) in die Nasionale Krugerwildtuin, Mpumalanga, Suid-Afrika.
Vind artikels

Geografie - Geologie
Suid-Afrika  Namibië  Botswana  Eswatini  Lesotho  Mosambiek  Zimbabwe

Afrika  Suider-Afrika  Amerika  Antarktika  Asië  Europa  Oseanië

Rusland  Turkye  Verenigde State van Amerika

Lande  Baaie  Berge  Eilande  Mere  Oseane  Riviere  Woestyne

Geskiedenis
Argeologie  Datums  Kulturele geskiedenis  Oorloë  Religieuse geskiedenis  Rewolusies  Vroeë beskawings  Antieke Egipte

Kultuur
Akteurs  Argitektuur  Dans  Letterkunde  Mitologie  Griekse mitologie  Mode  Museums  Musiek  Rolprente  Taal  Vermaak

Natuur
Bewaringsgebiede  Diere  Plante

Religie
Agnostisisme  Baha'i  Boeddhisme  Christendom  Gnostisisme  Hindoeïsme  Islam  Judaïsme  Mitologie  New Age  Paganisme  Politeïsme  Satanisme  Sikhisme  Zoroastrisme

Samelewing
Besigheid  Ekonomie  Krieket  Politiek  Rugby  Sport  Vlae en wapens  Vervoer

Taal
Kunsmatige taal  Natuurlike taal  Taalfamilies  Skryfstelsels

Tegnologie
Elektronika  Fotografie  Inligtingstegnologie  Klanktegnologie  Voertuigtegnologie

Wetenskap
Biologie  Chemie  Filosofie  Fisika  Natuurwetenskap  Sielkunde  Sosiologie  Sterrekunde  Wiskunde

Artikelindeks  Kategorieboom  Lyste  Hoe soek ek?

Wikipedia in ander tale
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels
العربيةمصرىCebuanoDeutschEnglishEspañolفارسیFrançaisItaliano日本語NederlandsPolskiPortuguêsРусскийSvenskaУкраїнськаTiếng ViệtWinaray中文
Weergawes met meer as 750 000 artikels
Català
Weergawes met meer as 500 000 artikels
تۆرکجهНохчийнČeštinaSuomiMagyarBahasa Indonesia한국어Norsk (bokmål)‬RomânăСрпски / srpskiTürkçeТатарча / tatarça
Weergawes met meer as 250 000 artikels
БеларускаяБългарскиCymraegDanskΕλληνικάEsperantoEestiEuskaraעבריתՀայերենҚазақшаBaso MinangkabauBahasa MelayuSrpskohrvatski / српскохрватскиSimple EnglishSlovenčinaOʻzbekchaBân-lâm-gú
Weergawes met meer as 100 000 artikels
AfrikaansAsturianuAzərbaycancaবাংলাBosanskiGalegoहिन्दीHrvatskiქართულიLatinaLadinLietuviųLatviešuMalagasyМакедонскиमराठीမြန်မာဘာသာNorsk (nynorsk)‬OccitanSlovenščinaShqipKiswahiliதமிழ்తెలుగుТоҷикӣไทยاردو粵語
Weergawes met meer as 50 000 artikels
aragonésБашҡортБеларуская (тарашкевіца)BrezhonegکوردیчӑвашлаFryskGaeilgeگیلکیHausaKreyòl ayisyenIdoÍslenskaBasa JawaKurdî / كوردیКыргызчаLëtzebuergeschlombardമലയാളംمازِرونیPlattdüütschनेपाल भाषाਪੰਜਾਬੀPiemontèisشاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī)Basa SundaŚlůnskiTagalogVèneto

Lys van alle taalweergawes van Wikipedia

Susterprojekte
Commons
Vrye media
Wikiwoordeboek
Vrye woordeboek
Wikinews
Vrye nuusbron
Wikisource
Die vrye biblioteek
Wikibooks
Vrye boeke
Wikiquote
Aanhalings
Wikispecies
Spesie-indeks
Meta-Wiki
Projekkoördinering