close
Gaan na inhoud

Tortellini

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Tortellini
Die besonderse vorm van tortellini.
Die besonderse vorm van tortellini.
Soort geregPasta
LandVlag van Italië Italië
StreekEmilia
HoofbestanddeelMeel, eiers
Soortgelyke geregteTortelloni
Energie, voedingswaarde (per 100 g)
Kalorieë307[1]
Kilojoules1 285
Proteïen13,5 g[1]
Vet7,23 g[1]
Koolhidrate47 g[1]
Tortellini in ’n sop.

Tortellini, ook bekend as giorgio of ombelico, is ’n ring- of naeltjievormige pasta.[2] Dit word gewoonlik gevul met ’n mengsel van vleis of kaas. Dit het sy oorsprong in die Italiaanse streek Emilia (veral Bologna en Modena). Dit word gewoonlik in ’n helder sop van óf bief óf hoender voorgesit.[3]

Tortelloni is soortgelyk, maar groter – gewoonlik sowat 5 g teenoor 2 g vir tortellini.[4] Tortelloni word voorgesit met ’n kaas- of groentevulsel; vleisvulsels is minder algemeen. Dit word ook selde in ’n sop gebruik.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1 2 3 4 "Tortellini Nutrition data". USDA. USDA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Maart 2016. Besoek op 30 September 2015.
  2. The Oxford Companion to Italian Food by Gillian Riley
  3. "Official "Order of the Tortellino" Recipe for Tortellini". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2013. Besoek op 13 September 2017.
  4. Barilla US (manufacturer) FAQ

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]